Anton LaVey

Anton Szandor LaVey, gebore Howard Stanton Levey[1][2] (11 April 193029 Oktober 1997) was die stigter en Hoëpriester van die Kerk van Satan en daarnaas ook 'n skrywer, okkultis, musikant en akteur. Hy is die skrywer van The Satanic Bible en die stigter van die LaVeyaanse Satanisme, 'n sintese van sy persoonlike beskouing van die menslike natuur en die insigte van 'n aantal filosowe wat wysgerige denkrigtings soos materialisme en individualisme voorgestaan het. LaVey het ten opsigte van sy leerstellings nie aanspraak gemaak op "bonatuurlike inspirasie" nie. Hy het "Satan" nie as 'n letterlike godheid of wese beskou nie, maar as 'n geskiedkundige en literêre figuur wat aardse waardes versinnebeeld.

In die onstuimige 1960's was daar min name wat soveel reaksie by mense uitgelok het as Anton Szandor LaVey.

Met uitsprake soos dat God nie bestaan nie en dat elke mens "Satan in hom" moet aanbid, het LaVey, met sy kaalgeskeerde kop en spitsbaardjie, veral in die VSA oornag die simbool geword van alles wat boos en anti-establishment was. Vandag is daar egter mense wat meen dat LaVey grootliks 'n selfgemaakte legende was wat daarop uit was om aandag te trek en roem te verwerf.

  1. Wright, Lawrence - "It’s Not Easy Being Evil in a World That’s Gone to Hell", Rolling Stone, 5 September, 1991: bl. 63-68, 105-16
  2. Birth certificate and "relatives" confirm http://www.churchofsatan.org/aslv.html Geargiveer 28 Augustus 2011 op Wayback Machine

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search